
GROOT-BRARKRIVER NUUS - Groot-Brakrivier-polisie krap kop nadat ‘n motor van die houtbrug by die Eiland in die water geval het.
Volgens die polisiewoordvoerder, sersant Chantel Marais, het die Suzuki vermoedelik om ongeveer 02:00 die brug verlaat. “Die bestuurder van die motor is onbekend en kon nie op die toneel opgespoor word nie.”
Dit is ook onbekend of daar enige passasiers in die motor was.
Teen vanoggend, 08:30 was die motor steeds in die water. Die brug is steeds afgesper.
Mossel Bay Advertiser fotograaf, Dave van der Merwe het die toneel vanoggend om 04:00 besoek. Mosselbaai se Brand en Redding was ook op die toneel.
Volgens sersant Marais ondersoek die polisie ‘n saak van roekelose-en-nalatige bestuur. “Ons sal uit die aard van die saak ook die bestuurder van die motor opspoor.”
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN
FOTO'S: DAVE VAN DER MERWE
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'
09:31 (GMT+2), Thu, 27 April 2017